Ontmoet die span

Leraars

Doelwit: Kol 1:28

"Om alle mense met alle moontlike wysheid te onderrig en te leer, sodat elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus gebring kan word"

Ds. Johann Ekkerd

Universiteit bygewoon: Universiteit van die Oranje-Vrystaat Bloemfontein (1991 – 1996)

Graad behaal: B.A met Teologie (1993) B.Th (1996)

Legitimasie: 28 November 1996 

Prediking – Dit bly ‘n voorreg om ‘n geleentheid te hê om die Woord van die Here te verkondig.  Dit bly ook die primêre kanaal waardeer die Woord van die Here verkondig word.

Die opbou en uitbou van die gemeente – Om die geestelike gesondheid van ‘n gemeente uit te bou deur hulle toe te rus om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Missionêre uitreik – Om nie net deur sending mense te bereik nie, maar om ook veral kerklos mense binne jou eie gemeenskap te bereik.

Huisbesoek – Ek glo dat dit die geleentheid is waar nood geïdentifiseer word en geestelik omgesien word na gesinne.

Ek is al vir 25 jaar in die bediening op die platteland en in boerdery-gemeenskappe.  Dit is beslis die plek waar God my geroep het.  Die boerdery-gemeenskap lê my na aan die hart en ek voel my tuis tussen die lande of die diere.  Die hart van ‘n plattelandse gemeenskap is sy boere en ek is geroep om hierdie Sout-van-die-aarde-mense te bedien.

Skriba

Charmaine Mostert

049 892 2422 | E-pos

Leraarshulp

Ouderling Ingrid Boshoff

NGK Vlak 1: Bedienaar (ouderling met preekbevoegheid)

SPSC: “Basic Religious Professional” Kategorie 4

082 551 7894 | E-pos

Bedieningspanne

Erediens

Ingrid Boshoff

Getuienis en barmhartigheid 

Tonie Botha

Diensverhouding

Thys van Schoor | Ingrid Boshoff

Eiendomme

Tonie Botha

Finansies

Thys van Schoor

Jeug

Alfred Stannard

Navrae

Kerkkantoor (+27) 049 892 2422 | E-pos

Belydenisgroep

Die Proses

  1. Sluit aan by ons NG Graaff-Reinet foon App
  2. Kyk die Video
  3. Voltooi vraelys aanlyn
  4. Stuur E-pos
  5. Vloeibare proses
    • In ‘n vloeibare proses kan jy die video’s kyk op jou eie tyd. 
    • Jy kan alles in ‘n week se tyd voltooi of eers oor drie maande – Jy gee die pas aan
  6. Onseker oor die proses, of soek jy meer informasie? Kontak Ds Johann Ekkerd 083 525 7525
  7. DEEL 1: Fokus op God
  8. DEEL 2: Fokus op myself 
  9. DEEL 3: Fokus op die kerk
  10. DEEL 4: Fokus op die gemeente
  11. DEEL 5: Fokus op die omgewing
  12. DEEL 6: Samevatting