Geskiedenis | History
Graaff-Reinet is vol geskiedenis, hier is so paar om te deel.
Graaff-Reinet is full of history, here is a few to share.
10,
11 September 1887
NG Kerk Graaff-Reinet ingewy

’n Reuse skare het die inwyding van die huidige (vierde) kerkgebou van die NG Gemeente Graaff-Reinet bygewoon. Die inwydingsdiens is begin met die sing van Psalm 66.
Juich, aarde, juich met blijde galmen
Den groten Schepper van ‘t heelal;
Zing d’ eer Zijns naams met dankb’re psalmen;
Verhef Zijn roem met lofgeschal.
Zeg: “O hoe vrees’lijk zijn Uw werken!
Gij doet Uw wijdgeduchte kracht,
O God, aan al Uw haters merken,
Die veinzend buigen voor Uw macht.”
Ds. Charles Murray het die kerkdeur oopgesluit. Vroue moes die kerk van die sykant binnekom en geen kinders is toegelaat nie. Daar was ongeveer 2 000 mense teenwoordig. Veertien predikante is uitgenooi en agt preke is gelewer.
Daar was ’n pragtige koorprogram onder leiding van Fraülein Bau, die eerste orreliste. Werke van onder andere Haydn, Mendelssohn en Spöhr is aangebied. Die inwydingsrede is deur prof. P.J.G. de Vos van die Kweekskool op Stellenbosch gelewer.
Omstreeks 1950 is die hele kerkgebou opgeknap en tydens die 300-jarige feesvierings van 1952 opnuut aan die Here toegewy. Kort na die kerk opgeknap is, het Reinet-huis aan die beurt gekom.
Andrew Murray
Suid-Afrikaanse stamvader



Graaff-Reinet

Howcroft, P. ‘The South African Encyclopaedia: Prehistory to the year 2000‘, unpublished papers in the possession of SA History Online.|Graaff-Reinet Publicity Association, P O Box 153, Graaff-Reinet 6280. Tel 0491-24248